“Small acts. When multiplied by millions of people,can transform the world”
Goedhartigheid. Kindness beskryf die woord beter.
Wat het van hierdie deel van die vrug van die gees geword? Dis vir my die heel mooiste deel.
Dit kos niks om met kindness teenoor mense op te tree nie. Wees altyd n mens met empatie en wees opreg. Behandel mense om jou met eerbied,sagtheid en goedheid uit jou hart. Ja ek glo kindness kom reg uit mens hart uit.
Hou op skinder en hou op om mense in die grond in te trap en te beskinder. Wees goed vir jou medemens . Doen n onwetende guns aan iemand. Kom op vir daai persoon wat so afgetrek word deur n siek gemeenskap met hul eie vooropgestelde ingeoefende idees. Kom ons werk weer hard aan ons kindness deel.
Kindness is soooo n mooi woord. En God verwag van ons om so op te tree! Moenie altyd kyk na ander en sê. Ja,maar hulle is soo en hulle is soo. Wees jou eie mens en bring weer kindness terug!
Dis vir my so mooi as mense jou opreg vra hoe gaan dit? Of as iemand jou opreg wil help! Hoekom moet almal altyd deel van die “in” groep wees om sekere “behandeling” te kry? Hoekom kan ons nie net almal mekaar met kindess behandel nie!
Ek daag jou uit!
Hierdie nuwe maand. Doen elke dag 1 small act of kindness. Kyk hoe verander dit jou lewe en jou as mens in jou lewe!
God verwag dat ons mense met kindess behandel en dat ons opreg so optree!
❤️ D x