7A2B234D-6CCB-4BDE-86D4-4A1FAD485DD1

Hoe om jou doelwitte op te stel

Stel doelwitte op om jou doelwit effektief te bereik:

Enige doel moet altyd “SMART”
wees!💁🏼‍♀️
-SPECIFIC
-MEASURABLE
-ACHIEVABLE
-RELEVANT
-TIMELY
In engels word dit eintlik soveel beter verduidelik! En dit is presies hoe jy jou DOEL gaan kan bereik. Jy moet spesifiek wees,dag,datum,tyd, plan ens? Wanneer jy n DATUM by jou DROOM sit,word dit n DOEL.Gebruik die regte stappe en jy sal jou doelwit vinnig kan bereik!

Jy voel dalk dat jy voor Desember n sekere hoeveelheid GEWIG moet verloor! Regeet en oefen is NIE ALTYD jou grootste probleem nie maar DENKE! Dws jou beplanning ingesluit!

Kyk na hierdie stappe wat jy kan volg wat jou kan help:
1. Besluit hoekom wil jy hierdie doel bereik?
2. 2 is beter as een. Saam kan jy meer gewig verloor as alleen
3. Wat geniet jy? Nie eet!!!!! Maar wat geniet jy om te doen? draf? Stap? Dalk tennis speel?? Doen dit !

Jip! Ek verstaan die 3 stappe maar hoe begin ek nou werklik?

-Neem n foto van jouself. Ja,regtig! Maak n lêer oop op jou foon van Transformasie fotos. Elke week neem jy n foto. Ons het partykeer n wanillusie van hoe ons lyk. Maar as jy jouself op jou foon sien. Week vir week verander gaan jy begin goed voe en dus aanhou.

-Weeg jouself elke dag of elke 2 de dag. Met jouself elke SONDAG… dit is n MOET!

-Stel n REMINDER op jou foon om gereeld WATER te drink!! Dis nie stupid nie. Mense vergeet regtig om water te drink! Dis partykeer hul grootste probleem🙊💦

-Kry n maklike EETPLAN wat jy kan volg saam jou gesin. As almal saam jou soo eet is dit makliker om jou doel te bereik. Want as jy alleen so moet wet, kry jy jousel mos “jammer” om ander te sien lekker eet en jy kan nie! Neee man !🙊😄 Span die hele gesin in om reg te eet!

-Kry n oefenplan wat vir jou LYF WERK ! Elke mens se lyf werk anderste. Dis 100% n feit. Ek en jy is nie dieselfde nie! Wat vir jou werk gaan dalk nie vir my werk nie. Liggaamsbou verskil!!! MAAARR ENIGE LIGGAAMBOU KAN OP DIE REGTE OEFENPLAN GEWIG VERLOOR! ONTHOU DIT !!! Geeeeeeen verskonings🔥💥

-Kry vir jou n DAGBEPLANNER. Skryf neer hoe jy voel,wat het jy geeet en en en …”praat met jouself” net jy weet wat jy in jpu boek skryf. Dis hoe jy jouself motiveer! 😉…

“THE moment you’re ready to quit is usually the moment right before a miracle happens…

DON’t give up!!”

❤️ D x

Share this post

food, fitness, faith and love