Hoekom is Interval oefeninge so goed? + Bonus 20min interval drafsessie🏃🏼♀️🏃🏼♀️
1.Boost jou metabolisme:
Boost jou metabolisme !!Jy verbrand meer kalorieë vir amper 24uur na oefening! “Afterburn” 🔥
2.Jyt meer wilskrag:
Mense is meer gemotiveerd tydens intervaloefeninge. Want dit is vinnig en dan weer stadig en dit hou jou “kop” aan die gang! Jy word nie gou verveeld nie!
3.Gewigsverlies:
Om ten minste 3xpw n 20 min interval klas in te werk help jou om gouer jou gewigsdoel te bereik,as iemand wat net elkedag 40 min aaneen oefen.
4.Verbeter VO2max:
Om weekliks intervalsessies in te werk in jou daaglikse roetine. Sal jou VO2Max verbeter met 10%.
5.Tyd:
As jy nie tyd het om te oefen nie,is dit makliker om n vinnige intervalsessie jn te werk. EN jy kry nogsteeds dieselfde effek daaruit as n gewone klas,inteendeel beter!
6.Endorphins:
Jy skei “HAPPY”-Hormone af!! Intervalle verbeter jou bui. Volgens navorsing,wanneer n klas té lank en té intens is ,begin die voordele verdwyn. Doen eerder n Intervalklas. Dit is vinnig,gladnie vervelig en dis baie voordelig!
7.Doen enige plek:
Jy kan intervaloefeninge letterlik enige plek doen. Want jyt nie altyd gewigte nodig nie. Jy kan selfs net “body-weight “ oefeninge doen.

❤ D x