A94488EB-0833-46F0-8787-78F136168EED

Moenie ander se geluk steel nie

“Supporting another’s success won’t ever dampen yours”

Hoekom kan jy nie ander mense prys eerder as afbreek nie? Hoekom kan jy nie opreg bly wees as n ander persoon goed doen nie? Hoekom moet jy iemand se geluk steel? Kan ons niemand meer vertrou nie?

Dis vir my verskriklik hoe mense geword het! Niemand gun jou stukkie grond op aarde nie. Letterlik alles wat jy het,moet jy vasklou of iemand vat dit of breek dit !
Ek wens partykeer mense kan weer ander hul eie geluk gun!! As iemand iets nuuts aanpak! Moenie dit sien as n fokus om daardie persoon te breek en moeg te maak om sy passie te verloor nie! Dis sooo onnodig! Help mekaar!

Veral klein dorpies ervaar dit daagliks. Wat jy okal doen,lyk soooo aanloklik vir ander om van jou af weg te steel! (Jou beroep/vriendskappe/verhoudings?)
80% van julle sal saam my stem of het al daaronder gely. Staan eerder terug.Maar moenie dat jou jaloesie lelike planne beraam teenoor n onskuldige mens nie!

Hoekom kan besighede en mense mekaar nie eerder ondersteun nie? Hoekom steel jy ander se geluk?Hoekom vat jy iets van iemand wat belangrik is vir hul?

Om iemand anderste se geluk te steel gaan jou niks baat-maar as jy n ander OPREG ondersteun sal God jou seën!! Dis wat Sy kinders tog doen!!

❤️ D x

Share this post

food, fitness, faith and love